Skandinawiese kruis

Noordse vlae, v.l.n.r.: Finland, Ysland, Noorweë, Swede en Denemarke.
’n Seleksie van amptelike, Skandinawiese kruisvlae in gebruik in Noord-Europa.
Groter vlae, v.l.n.r.: Ysland, Faroëreilande, Denemarke, Noorweë, Swede, Finland;
Kleiner vlae, v.l.n.r.: Barra, Suid-Uist, Yorkshire Wes-Riding, VK (histories), Orkney, Shetland, Skone, Åland, Pärnu, Setomaa (etnies), Wepse (etnies).

Die Skandinawiese kruis is enigeen van verskeie vlae waarop die ontwerp van die Noordse of Skandinawiese kruis, ’n kruissimbool op ’n reghoekige veld waarvan die middel van die kruis na die vlagpaalkant geskuif is, voorkom.

Alle onafhanklike Noordse lande het in die moderne tyd sulke vlae aanvaar, en hoewel die Skandinawiese kruis so genoem is weens sy gebruik in die nasionale vlae van die Skandinawiese volke, word die term universeel deur vlagkundiges gebruik in verwysing na die vlae van die Noordse lande maar ook na ander vlae met soortgelyke ontwerpe.[1] Die skuinskruis staan ook bekend as die Kruis van Sint Filippus die Apostel, wat nie in Skandinawië nie, maar eerder in Griekeland, Frigië en Sirië gepredik het.

Die kruis stel die Christendom voor,[2][3][4] en die kenmerkende skuif van die middel na die vlagpaalkant is vroeg-modern en is op 11 Junie 1748 vir die eerste maal beskryf as die Deense burgerlike vaandel vir handelskepe, waar gespesifiseer is dat die skuif van die kruis na die vlagpaalkant soos volg moet wees: “die eerste twee velde moet vierkantig wees en die buitenste velde moet 64 van daardie lengte wees.” Die Deense ontwerp is aanvaar vir die vlae van Noorweë (burgerlike vaandel 1821) en Swede (1906) wat albei afgelei is van ’n algemene vaandel wat gedurende die Unie tussen Swede en Noorweë tussen 1818 en 1844 gebruik is, asook Ysland (1915) en Finland (1917); sommige onderafdelings van hierdie lande het dit ook as inspirasie vir hul vlae gebruik. Die vlag van Noorweë was die eerste vlag met die Skandinawiese kruis in drie kleure.

Alle Noordse vlae mag as gonfalon vertoon word.

  1. (en) EnchantedLearning.com
    (de) Historiese vlae van die wêreld: Die Skandinawiese kruis; Eric Inglefield: "Fahnen und Flaggen" (in Duits vertaal deur Dagmar Hahn), Delphin Verlag, München 1986, bl. 16
  2. (en) Jeroen Temperman. State Religion Relationships and Human Rights Law: Towards a Right to Religiously Neutral Governance. Martinus Nijhoff Publishers. p. 88. Besoek op 31 Desember 2007. Talle oorwegend Christelike state vertoon 'n kruis op hul nasionale vlag as verteenwoordigend van die Christendom. Skandinawiese of noordse kruise op die vlae van die Noordse lande – Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede – verteenwoordig ook die Christendom
  3. (en) Carol A. Foley. The Australian Flag: Colonial Relic or Contemporary Icon. William Gaunt & Sons. Besoek op 31 Desember 2007. Die Christelike kruis is byvoorbeeld een van die algemeen gebruikte simbole ter wêreld en talle Europese lande, soos die Verenigde Koninkryk, Noorweë, Swede, Finland, Denemarke, Ysland, Griekeland en Switserland het die Christelike kruis aanvaar en behou op nul nasionale vlae
  4. (en) Andrew Evans. Iceland. Bradt. Besoek op 31 Desember 2007. Volgens oorlewering het 'n rooi doek met 'n wit kruis uit die lug geval ten tyde van die 13de eeuse Waldemarslag, waarna die Dene die oorwinning geniet het. As kenteken van goddelike reg het Denemarke sy kruis in die ander Skandinawiese lande waar hy regeer het, vertoon en soos elke volk onafhanklikheid verkry het, het hulle ook die Christelike simbool geïnkorporeer

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy